top of page
Ondersteunersklub

Ondersteunersklub

Die Ondersteunersklub van die Hoërskool Montagu is 'n groep volwassenes wat as Vriende van die skool beskou kan word.  Dit bestaan uit oud-leerders, ouers, oud-ouers, onderwysers en oud-onderwysers.  Enigeen wat die skool goedgesind is, is welkom om lid te wees van die Ondersteunersklub.  Ons wil u aanmoedig om by ons te kom aansluit.

Die doel van die Ondersteunersklub is om die skool te help met fondse en projekte waar die personeel en Beheerliggaam nie noodwendig betrokke is nie.  Dit kan dus as 'n ekstra arm van die skool beskou word.  Ons het mense nodig wat nie bang is om hul tyd en energie vir die skool te gee nie.

  • Lede word voorsien van 'n kaartjie wat getoon moet word om gratis toegang na alle tuissport geleenthede te verkry. 

  • Ontvang nodige nuusbriewe en alle inligting aangaande skoolfunksies/ byeenkomste per epos.

  • 'n Ondersteunershemp asook baadjie kan aangevra word teen billike pryse (kontak sekretaresse).

  • Kry voorkeur tydens skoolfunksies met verkryging van kaartjies en sitplek.

Fondse wat deur die Ondersteunersklub ingesamel word, word aangewend vir geleenthede soos uiteengesit onder "Projekte".  Ons is graag op soek na ouers en vriende wat 'n bydrae wil lewer om te help met fondsinsamelings vir die Hoërskool.

Word 'n lid

Word 'n lid

INSKRYWINGSINLIGTING

Ledegeld beloop R225 per jaar /gesin en is vooruit betaalbaar.

 

Elektroniese inbetaling:

Rekening Naam:  Ondersteunersklub

Taknaam:  ABSA Montagu

Taknommer:  334-513

Rekeningnommer: 907 532 1608

Verwysing:  Ledegeld-Naam

Faks betalingsbewys na 023-6142689 of e-pos dit na jd@r62mail.co.za

 

Kontant inbetaling:

Hoërskool Montagu Kantoor - Tel: 023 614 1390

Projekte

Projekte

JAARLIKSE PROJEKTE 

Die volgende is projekte wat elke jaar aangepak word:

Fondsinsamelingsprojekte:

  • Gholfdag vroeg in die jaar

  • Interskole elke 2de jaar

  • Steakete / Dans later in die alternatiewe jaar

 

Ander:

  • Foto's van Provinsiale en Nasionale sportmanne /-vroue in die Klubhuis

  • Gr 12 Motiveringsgeleentheid in vierde kwartaal

  • Hulp met finansiering van sporttoere

  • Borg toekennings by jaarlikse Prysuitdeling

  • Instandhouding van bestaande sportvelde

  • Instandhouding en verbeterings aan die klubhuis

Die Bestuur

Voorsitter:  Mariek Dettbarn

Ondervoorsitter:  Jacques Nel

Sekretaresse:  Vicky Ellis

Tesourier:  JD van Deventer

Skoolverteenwoordiger:  Ellen Joubert

Die Bestuur
bottom of page