top of page
Die Skool

Die Skool

 Hoërskool Montagu se skoolterreine

Die dorp is in 1854 aangelê en die eerste skooltjie is in 1858 gebou.  In 1921 word 'n nuwe hoërskool, bekend as "Kanonkop-kollege" gebou.  Die huidige skoolgebou is in 1959 in gebruik geneem en oor die jare opgegradeer om aan die behoeftes van 'n moderne skool te voldoen.

Vandag is die Hoërskool Montagu 'n goed toegeruste skool met 'n koshuis, geleë in 'n landelike omgewing met 'n leerlingtal van 543 vanaf Graad 8 tot Graad 12.

Die Hoërskool Montagu is 'n akademiese hoërskool wat vir leerlinge die geleentheid bied om hulle te bekwaam vir universiteits- sowel as ander tersiêre opleiding.

Die vakkeuse bied aan leerlinge die geleentheid om 'n keuse te maak wat enige verdere studie dek.  Daar word voorsiening gemaak vir drie klasgroepe in elke graad.  Leerlinge kan, volgens hul vermoë, hulle vakke so kies dat hulle maksimum voordeel put uit die skool.

Benewens akademiese bedrywighede, presteer die skool op vele ander terreine.  Op sportgebied lewer die skool gereeld provinsiale spelers. Oor die afgelope drie jaar verwerf meer as 50 leerlinge provinsiale kleure in ' verskeidenheid van sport- en kultuuraktiwiteite.   Daar is 'n wye verskeidenheid buitemuurse bedrywighede waarvan opvoedkundige toere, kampe, kunstefeeste en sportklinieke van die hoogtepunte is.

Dit is dus duidelik dat die Hoërskool Montagu 'n skool is met 'n trotse tradisie en 'n mooi toekoms.  Oud-leerlinge trap vandag diep spore - nie net op Montagu nie, maar dwarsoor die land.  Die gereelde reünies van Graad 12-klasse wys dat  oud-leerlinge nie hulle "Alma Mater" vergeet nie.

Waardes, Visie en Missie

ONS WAARDES

Ons dien ons taal, ons nasie en ons land

Ons dien ons gemeenskap en medemens

Ons gehoorsaam en respekteer ons ouers en meerders

Ons stry ‘n styd vir die behoud van die goeie

en streef die ontwikkeling van ‘n waardegedrewe karakter na

Ons woord is ons eer

Ons dien ons skool en streef daarna om sy goeie naam uit te bou

Ons streef daarna om eerlik, opreg, getrou en vriendelik te wees

Ons jag wysheid en kennis na

Ons glo dat deur mekaar te respekteer en die kwaad te vermy,

die beginsel van wysheid is

Ons eerbiedig die leuse van ons skool

 

VISIE

‘n Skoolomgewing waarin die potensiaal van almal op akademiese-,

kulturele- en sportgebied optimaal verwesenlik kan word en leerlinge in

hul totalitiet kan ontwikkel.

 

MISSIE

Die missie van Hoërskool Montagu is om elke leerling deur goeie,

gebalanseeerde, opvoedkundige onderwys op doelgerigte en planmatige

wyse met behulp van Afrikaans as voertaal te begelei tot volwassenheid

sodat hy/sy eendag sy/haar plek in die naskoolse lewe op ‘n

verantwoordelike wyse kan inneem.

Waardes, visie en missie
Skoollied

Skoollied

skoolwapen.jpg

Soos 'n moeder bewaak deur tweelingstroom,
Op haar naam en haar skoonheid trots,
Met groen wingerdstok en doringboom,
Onder bloue kruin en rots;
Waar die vaal Karoo sy ryk begin
En die son sy helder strale strooi,
Lê ons dorpie met die skool wat ons bemin;
Lank lewe Alma Mater!

Koor:

Mag ons skool lank bestaan en haar glorie behou!
Tot haar eer sal ons leef en haar lees bly ons trou.
Ons sal waak oor haar naam en voortsprei die faam
En die roem van die Hoërskool van Montagu

In ons skool word die jeug geleer om te wees

Tot diens van hul huis, kerk en land,

Om sterker te word na liggaam en gees,

Te veredel die brein, hart en hand,

Om hulself te wees in woord en daad,

Getrou hul pligte na te kom.

Ons skool sy dank vir leiding, hulp en raad.

Lank lewe Alma Mater!

 

Koor:

Mag ons skool lank bestaan en haar glorie behou!
Tot haar eer sal ons leef en haar lees bly ons trou.
Ons sal waak oor haar naam en voortsprei die faam
En die roem van die Hoërskool van Montagu.

(*Woorde en Musiek deur S.J. du Toit - 'n Oud-skolier)

Die Hoof

Mnr. Johan Benadie het in 1993 aan die Hoërskool Montagu gematrikuleer en daarna het hy sy BCom Bedryfsielkunde graad en Hoër Onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

 

In 1999 begin hy sy onderwysloopbaan as onderwyser by die Hoërskool Brackenfell met die aanbied van Rekeningkunde, Besigheidstudies en Toerisme tot graad 12. Na reeds 23 jaar by Brackenfell, dien hy vanaf 2017 tot 2021 as Adjunkhoof: Dissipline en Fisiese Fasiliteite.

 

Mnr. Benadie is vanaf 2022 by Hoërskool Montagu aangestel as skoolhoof. Hy is ‘n nederige, plat op die aarde mens met ‘n groot hart wat na uitnemendheid streef op alle terreine.

Die Hoof
Beheerliggaam

Beheerliggaam

 

Leerder Hoofleiers: 

Nina Beukes & Franco Stemmet

 

bottom of page